was successfully added to your cart.

SHOW: TWEE – Piekniek vir TWEE

By 13/02/2016Shows

AfriVisie wenners TWEE (Herman Kleinhans + Maria Rademan-Viviers) by de Malle Meul.

3 Maart 2016

  • ligte ete (19:00)  &  vertoning (20:00) = R200
  • vertoning (20:00) = R120

BESPREEK

021 972 1097

info@demallemeul.co.za

Screen-Shot-2015-10-30-at-14.14.36


 

Die groep TWEE het in Mei 2015 geskiedenis gemaak toe hulle as die eerste wenners van die kykNET Afri-Visie kompetisie aangewys is. Die liedjieskryf-kompetisie het niks minder as 1570 nuwe musiekskeppings die lig laat sien deur meer as 400 liedjieskrywers van regoor Suid-Afrika en Namibië.

Uiteindelik het die land gestem en Herman Kleinhans van TWEE is aangewys as die beste liedjieskrywer in ons land.

Die lede van TWEE, Herman Kleinhans en Maria Rademan-Viviers het mekaar 3 jaar gelede ontmoet in Kaapstad en onmiddellik besef dat hulle talente saam die landskap van Afrikaanse musiek kon verander. TWEE is gebore in 2014 en na die weghol sukses van hulle Afri-Visie wenliedjie, Ek Sweer, is Piekniek vir TWEE die opvolg waarvoor hulle aanhangers gewag het.

Hulle beplan tans ‘n toer wat in 2016 sal afskop in samewerking met ander groot name in die bedryf en ons sien uit om elke dorp en stad te besoek waar ons hierdie ongelooflike talent met die land sal deel.